SportSport

Jansen maak droomdebuut vir Dragons

Dit was ‘n ware sprokiesverhaal toe Potchefstroom Gimnasium se kranige linkerarm snelbouler, Marco Jansen,  sy eerste vyfkuns in sy eersteklas krieketdebuut verlede week vir die Noordwes Dragons teen die Oostelike Provinsie geneem het. In hierdie wedstryd wat vanaf 11 tot 13 Oktober op die ikoniese St. Georgespark in Port Elizabeth plaasgevind het, het die 18-jarige …

Dit was ‘n ware sprokiesverhaal toe Potchefstroom Gimnasium se kranige linkerarm snelbouler, Marco Jansen,  sy eerste vyfkuns in sy eersteklas krieketdebuut verlede week vir die Noordwes Dragons teen die Oostelike Provinsie geneem het.

In hierdie wedstryd wat vanaf 11 tot 13 Oktober op die ikoniese St. Georgespark in Port Elizabeth plaasgevind het, het die 18-jarige matrikulant gewys dat hy in die kollig behoort.

Jansen het met briljante boulsyfers van 5/53 in 19 beurte geëindig en die OP se kolwers met sy swaai en spoed gekasty. Jansen, wat ook Gimmies se eerstespan krieketkaptein is, het vroeër die jaar sy debuut in die 50-beurt formaat vir die NW Dragons gemaak.

Om ‘n vyfkuns in ‘n driedag-wedstryd teen van die land se gesiene kolwers op semi-professionele vlak te neem, moet gedoen word.

Volgens Jansen voel hy vanselfsprekend baie goed oor sy vertoning.

“Die wedstryd was baie lekker. Dit is heeltemal ‘n ander tipe wedstryd as waaraan ek gewoond is. Ek bedoel, ‘n mens se konsentrasievlakke moet baie hoër wees. Ek voel baie goed oor my eerste wedstryd en dit is iets wat omtrent nooit gebeur om 5 paaltjies te kry nie. Ek kon nie vir ‘n beter debuut gevra het nie,” het hy gesê.

Marco Jansen het ook 'n puik 66 gister (18 Oktober) in sy tweede driedag wedstryd vir die Dragons geslaan.
Marco Jansen het ook ‘n puik 66 gister (18 Oktober) in sy tweede driedag wedstryd vir die Dragons geslaan. Foto: Wouter Pienaar

Jansen se eerste paaltjie was die van Matthew Christensen wat vir 0 been voor paaltjie betrap is. Jansen se ander slagoffers was Onke Nyakau (1), Jade de Klerk (33), Glenton Stuurman (16) en Tian Koekemoer (116). Koekemoer se paaltjie was die laaste een om te kantel met Jansen wat sodoende beide die eerste en finale paaltjie in die beurt geneem het.

Daar lê definitief ‘n blink toekoms vir Jansen voor en sy afrigter by Noordwes, Monty Jacobs, beaam ook hierdie punt.

“Daar is altyd baie druk vir so ‘n jong speler soos Marco, maar hy het dit goed hanteer. Hy het regtig baie potensiaal en het goed geboul om 5 paaltjies te kon kry. As hy perfek geboul het sou hy dalk syfers van 6/30 gekry het. Hy speel met baie vryheid en dit is vir my goed. Dit lyk nie of die groot geleentheid hom baie pla nie.

Ons wil nie te veel druk om hom sit nie, aangesien hy nog jonk is en ‘n lang loopbaan voor hom het,” het Jacobs goedgunstiglik genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button