SportSport

Walt Steenkamp weer die NWU Rugbyinstituut se Speler van die Jaar

Die sterslot van die NWU, Walt Steenkamp, het die groot een huis toe gevat toe hy as die  NWU Rugbyinstituut se Speler van die Jaar by die NWU Rugbyinstituut se toekenningsfunksie op Woensdag, 24 Oktober aangewys is. Steenkamp is tans ‘n gekontrakteerde speler by die Cheetahs en daar is ‘n blink toekoms wat vir hierdie …

Die sterslot van die NWU, Walt Steenkamp, het die groot een huis toe gevat toe hy as die  NWU Rugbyinstituut se Speler van die Jaar by die NWU Rugbyinstituut se toekenningsfunksie op Woensdag, 24 Oktober aangewys is.

Steenkamp is tans ‘n gekontrakteerde speler by die Cheetahs en daar is ‘n blink toekoms wat vir hierdie ysterslot voorlê. Steenkamp was ook aangewys as die Instituut se speler van die Varsitybeker-toernooi. Dit is ook die tweede agtereenvoilgende jaar dat hierdie slot met die Johan Claassen-trofee wegstap, wat juis toepaslik is aangesien Claassen een van die Springbokke en Wes-Transvaal se top slotte was.

Ander groot wenners was die flinkvoetige heelagter Tapiwa Mafura, wat as die agterspeler van die Jaar aangewys is. Hy het ook die oë laat rek met sy kreatiewe hardlooprugby en het sodoende ook die Danie Craven-trofee vir mees aanskoulike rugby ingepalm. Mafura was ook as die spelers se speler van die jaar aangewys.

Louis van der Westhuizen is ook vir sy spel vereer, en het met die Voorsitterstrofee vir Voorspeler van die Jaar-trofee weggestap. Die Afrigter van die Jaar-trofee het aan Pieter van den Berg gegaan na hy die SA Universiteite Sewes-span na goud gelei het in Namibië vanjaar.

Hier is die wenners van die aand:

 Johan Claassen-trofee (Rugbyinstituut Speler van die Jaar): Walt Steenkamp

Pharmaton-trofee (Afrigter van die Jaar): Pieter van der Berg

Sewesspeler van die Jaar: Diederik Oberholzer

Matt Proudfoot-trofee: Puk 1 Varsitybekerspan

Varsitybeker-trofee: Walt Steenkamp

Voorsitterstrofee (Voorspeler van die Jaar): Louis van der Westhuizen

Piet Malan-trofee (Agterspeler van die Jaar): Tapiwa Mafura

Gerald Bosch-trofee (Onder 21 Speler van die Jaar): Evardi Boshoff

Gert Smal-trofee (Onder 19 Speler van die Jaar): Sylvester Hassien

Danie Craven-trofee (Mees aanskoulike rugby): Tapiwa Mafura

Dux Speler van die Jaar: Louis van der Westhuizen

Direkteurstrofee (Beste vordering): Evardi Boshoff

Foto’s: Barco Greeff/Picture Café

Bestuurskuld-trofee (Mees uitsonderlike prestasie): Walt Steenkamp

Toy Dannhauser-trofee: Prof Dries Marais

André Markgraaf-trofee (Koshuiswenners): Patria

Koshuisspeler van die Jaar: Lood Muller

Castle-trofee (Mees lojale ondersteuner): Kassie Karstens

Jimmy Viljoen-trofee (Klubman van die Jaar): Wihan de Beer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button