SportSport

Plaaslike atlete presteer by spog NWU Top 30-byeenkoms

Die NWU Top 30 Prestige Atletiekbyeenkoms was weer een vir boeke, met van die land se top skoleatlete wat by die Kenneth McArthur Atletiekstadion gewys het wat in hulle steek. Dit was veral Prestige College wat die vaandel gewapper het met ‘n algehele eerste plek in die A-afdeling (55 762 punte). Menlopark was tweede in …

Die NWU Top 30 Prestige Atletiekbyeenkoms was weer een vir boeke, met van die land se top skoleatlete wat by die Kenneth McArthur Atletiekstadion gewys het wat in hulle steek.

Dit was veral Prestige College wat die vaandel gewapper het met ‘n algehele eerste plek in die A-afdeling (55 762 punte). Menlopark was tweede in hierdie afdeling (55 545 punte), met Helpmekaar derde (54 735 punte). Potchefstroom Gimnasium was een van die top plaaslike skole in hierdie afdeling, met ‘n algehele tiende plek (49 731 punte). Hoër Volkskool Potchefstroom het die byeenkoms aangebied en hulle atlete het in die B-afdeling deelgeneem waar hulle ‘n agtste plek (27 409 punte) behaal het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Vir Gimmies het die spiesgooier, Wiané Joubert, met ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 45.86 meter geskitter. Lee-Ann Grobbelaar het ook in die o.14 dogters spiesgooi-item met ‘n eerste plek met ‘n afstand van 39.34 meter gepronk. Armand Willemse (seuns o.15) was ook gevaarlik met die spies in sy hand en het goud met ‘n afstand van 58.61 meter bereik. Phemelo Molale was ook ‘n groot uitblinker in die seuns o.14 100 meter-item met ‘n goue medalje. Hy het die 100m wedloop in ‘n tyd van 11.25 sekondes klaargemaak. Karmen Fouché het ook met haar silwermedalje in die dogters o.15 verspring (5.62 meter) haar skool se naam hooggehou.

Sunél Smit het ook in die 2000m hindernis-item ‘n silwer vir Volkies ingesamel met ‘n tyd van 08:09.70. Vir Volkies het Cara du Preez (o.17) in die 3000m hindernis-item ‘n puik eerste plek behaal. Janise Nell het ook ‘n eerste plek in die 3km stap in ‘n tyd van 4:35.55 behaal. Volkies se middel- en langafstand sensasie, Robert de Villiers (8:49.90) het ook net op goud uitgemis met ‘n tweede plek in die 3000m-hindernis. Mardi Swart het ook die derde plek in die o.15 300m hekkies-item behaal in ‘n tyd van 46.29 meter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button