SportSport

Volkies se eerstespan is weer Noordwes-kampioene

Dit was die perfekte einde toe Volkies se puik eerstespan kolwer, Christopher de Freitas, die bal met ‘n haakhou vir ‘n ses oor die grens laat vlieg het in die Noordwes Skole Krieket A-liga finaal die afgelope Saterdag. Na die suiwer klank van leer op hout was daar ‘n luidrugtige gedreun van Volkievreugde wat om …

Dit was die perfekte einde toe Volkies se puik eerstespan kolwer, Christopher de Freitas, die bal met ‘n haakhou vir ‘n ses oor die grens laat vlieg het in die Noordwes Skole Krieket A-liga finaal die afgelope Saterdag.
Na die suiwer klank van leer op hout was daar ‘n luidrugtige gedreun van Volkievreugde wat om die veld basuin is met die eerstespan se 5 paaltjie oorwinning teen ‘n gedugte Hoërskool Rustenburg elftal.
Met hierdie oorwinning verdedig Volkies se eerstespan hulle titel en het nou ook die geleentheid om vanjaar die Noorvaal-trofee ook te wen om nog verdere silwerware vir dié span te bring. Hierdie eindstryd wat op Volkies se tuisveld plaasgevind het, was ‘n wedstryd vir die boulers gewees, met Rustenburg wat vir ‘n totaal van 123 uitgeboender is.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies het self ook gesukkel, maar Christopher de Freitas (20* van 19) en Awie Visser (34* van 51) het die span na ‘n oorwinning gelei om op 128/5 te eindig.
Vir Volkies was André Taljaard (3/25), Jannie Claassens (2/19) en Waldu Kotze (2/27) die uitstaande boulers. Net Rustenburg se Kris Vorster (30 van 36) en Odirile Modimokoane (23 van 47) kon enige weerstand bied. Die tuisspan was selfversekerd na hulle fantastiese boulpoging, maar moes vinnig diep grawe toe Stiaan Swanepoel (2/36) en Odirile Modimokoane (2/31) die top vier terug pawiljoen toe gestuur het.
Claassens (42 van 28) was weer sy verwoestende self, maar moes toekyk hoe Eward Bester ‘n ongelooflike vangskoot uitvoer. Bester het soos ‘n kat in die lug gespring en die bal met een hand gevang toe dit 99 persent gelyk het of dit bal op pad grens toe is. Daar was vir twee sekondes ‘n doodse stilte voordat Bester met die bal in sy hand opgestaan het en uit pure ekstase gejubel en gejuig het. Al het Rustenburg nie gewen nie, was hierdie een stukkie individuele spel iets om te onthou.
Volgens Andries Huisamen, hoofafrigter van Volkies se eerste krieketspan, het die span in die semi-finaal en finaal karakter gewys en dit is wat hulle weer na die titel gelei het.
“Die span het verdien om weer die titel te vat en ek is baie trots op hulle. Hierdie naweek speel ons in die Noordvaal Kwartfinaal teen Hoërskool Pietersburg tuis en dit gaan ‘n groot een wees,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button