SportSport

50 meter wink vir jong Gimmies spiesgooisensasie

Met ‘n grasieuse tog kragtige aanloop is daar iets spesiaal rondom een van Potchefstroom se opwindendste jong spiesgooiers. Dit is egter eers wanneer sy die spies vir etlike meters in die lug laat trek, dat jy agterkom waarom sy in die eerste plek jou oog gevang het. Die 15-jarige, Wiané Joubert van Potchefstroom Gimnasium is …

Met ‘n grasieuse tog kragtige aanloop is daar iets spesiaal rondom een van Potchefstroom se opwindendste jong spiesgooiers. Dit is egter eers wanneer sy die spies vir etlike meters in die lug laat trek, dat jy agterkom waarom sy in die eerste plek jou oog gevang het.

Wiané Joubert het by afgelope Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit 'n eerste plek in spiesgooi vir dogters o.15 behaal en is ook as die beste junior veldatleet aangewys. Hier is sy saam met haar spiesgooiafrigter, Erich Wiese
Wiané Joubert het by afgelope Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit ‘n eerste plek in spiesgooi vir dogters o.15 behaal en is ook as die beste junior veldatleet aangewys. Hier is sy saam met haar spiesgooiafrigter, Erich WieseWiané Joubert het by afgelope Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit ‘n eerste plek in spiesgooi vir dogters o.15 behaal en is ook as die beste junior veldatleet aangewys. Hier is sy saam met haar spiesgooiafrigter, Erich Wiese. Foto: Wouter Pienaar

Die 15-jarige, Wiané Joubert van Potchefstroom Gimnasium is besig om naam te maak, nadat sy die afgelope naweek by die gesogte Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms in Naboomspruit as die beste o.15 veldatleet aangewys is. Verder kan Wiané ook met haar eerste plek met ‘n gooi van 45.66 meter, haarself as een van die land se belowendste jong atlete bestempel. Sy het sodoende haar vorige persoonlike beste afstand van 43.18 gemaklik verbeter wat sy hierdie jaar by die SA kampioenskappe behaal het. By die afgelope naweek se NWU Top 30 byeenkoms het sy haar PB van 45.86 gegooi.

“Ek het vir myself op die dag van die byeenkoms gesê dat ek graag ‘n 45 meter afstand wil gooi en toe ek dit regkry, was dit eers ‘n skok, maar ek was baie bly,” vertel Wiané opgewonde. Hierdie lang en lenige donkerkop-atleet glo in alle nederigheid dat oefening en ‘n passie vir die sport haar bring waar sy vandag is.
“Ek het in graad 6 begin spiesgooi en ek het toe besef dat ek net ‘n natuurlike talent daarvoor het. Hierdie afgelope jaar het dinge in plek begin val. Spiesgooi is seker een van die moeilikste velditems en iets wat baie konsentrasie en oefening verg, maar iets wat ek vreeslik geniet.

“My doelwit is om op my eie afstande te fokus en nie op ander nie, en ek dink dit is wat my baie help,” sê sy.

Haar spiesgooiafrigter, Erich Wiese, is ook in die wolke en glo dat daar nog baie in Wiané se tenk lê vir die res van die atletiekseisoen.

“Wiané is baie lank en sy is ook ‘n naelloopatleet, wat vir haar voordelig is met spiesgooi. Ek sal daarvan hou as sy by 50 meter kan kom, aangesien sy nou vir o.17 gaan deelneem. Die mikpunt is om volgende jaar die SA kampioenskappe te wen,” het Erich, wat ook self ‘n gerekende NWU-spiesgooi-atleet is, gesê.

Wiané noem ook dat sy nie haar sukses in haar jong loopbaan as spiesgooiatleet sonder haar ma en afrigter kon bereik nie. “My ma is altyd daar en mis nie ‘n byeenkoms nie. Natuurlik het Erich as afrigter my ook baie met my tegniek gehelp en om ook my selfvertroue te bou.” Met elke tree en gooi blyk dit net ‘n kwessie van tyd te wees voor sy die 50 meter mylpaal bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button