Grobler en Burger is NWU se sportsterre van die jaar
Die SA spiesgooier, Johann Grobler en die Protea doel, Sigi Burger, is as 2018 se NWU Sportman en Sportvrou van jaar bekroon. Hierdie twee uitstaande atlete is tydens NWU Sport se jaarlikse toekenningsaand op Donderdag 18 Oktober vereer. Die Junior Sportvrou van die Jaar is die spiesgooier, Maggie le Roux, terwyl Louis van Schalkwyk (krieket) …
Die SA spiesgooier, Johann Grobler en die Protea doel, Sigi Burger, is as 2018 se NWU Sportman en Sportvrou van
jaar bekroon. Hierdie twee uitstaande atlete is tydens NWU Sport se jaarlikse toekenningsaand op Donderdag 18 Oktober vereer.
Die Junior Sportvrou van die Jaar is die spiesgooier, Maggie le Roux, terwyl Louis van Schalkwyk (krieket) en Ignatius Marais (diskus) die Junior Sportman van die Jaar-toekenning gedeel het. Grobler was opgewonde en verbaas om NWU Sport se top-toekenning te ontvang.
“Dit is vir my ‘n besondere eer om dit te wen, omdat baie groot en bekende name dit al vorige jare gewen het. Ook omdat die toekenning ’n beloning is vir al die harde werk wat deur die seisoen ingesit is. “Ek was baie verbaas toe ek dit wen, want daar was so baie goeie kandidate, enige iemand kon dit gewen het,” vertel hy.





