Rolbaltitel wink vir Potch Dorp
Dit lyk of dit neusie verby is vir Parys se mans rolbalspan in die Noordwes Premierliga. Die Parys span van George Lotter, Rudi Jacobs, Jaco Nel en Dries de Jager moes Saterdag die knie buig teen Potchefstroom Dorp se span wat bestaan uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smit. Die …

Dit lyk of dit neusie verby is vir Parys se mans rolbalspan in die Noordwes Premierliga. Die Parys span van George Lotter, Rudi Jacobs, Jaco Nel en Dries de Jager moes Saterdag die knie buig teen Potchefstroom Dorp se span wat bestaan uit Pierre Breitenbach, Gene Hill, Gerrit Janse van Rensburg en Smittie Smit. Die telling was 22-16 in Potch se guns. Parys het wel in die tweede wedstryd teen Klerksdorp 1 gewen maar is 4.5 punte agter Potch. Parys speel Saterdag teen Pikkie Loots se Klerksdorp 2 span en Potchefstroom speel teen Klerksdorp 1.
Parys se vrouespan in die Premier liga speel Saterdag teen Klerksdorp (13.5). Die liga voorloper, La Farge (14.5) speel teen Potchefstroom wat net 9 ligapunte het.
In die NW Eersteliga lê daar nog baie rolbal voor.
Daar is drie seksies in die mans eersteliga. In seksie een loop Orkney 2 voor met 16 punte. Klerksdorp 3 loop voor in seksie twee met Ian Niewoudt se PCC span net een punt agter hulle. Mafeking is die voorloper in seksie 3.
Parys se vrouespan in die eerste liga is na dre wedstryde nog in ‘n goeie posisie met 9 punte. Die ligavoorloper, Fochville 2 het na vier wedstryde 13.5. In seksie 1 is Fochville 2 en Orkney kop aan kop op 11 punte elk maar Orkney het nog net drie wedstryde gespeel.
Die aksie word hierdie naweek voorgesit:
Die Premierliga se laaste wedstryde word by Klerksdorp gespeel (Mans en vroue). Die vroue eersteliga spel by PCC . Die mans se seksie 1 en 2 speel by Orkeny en seksie 3 reis na Koster.





