SportSport

Potch Dorp se boulers maak amok teen Taurus

Potch Dorp Krieketklub het die afgelope naweek tydens die Noordwes Premier Klubkrieketliga op Witrand in ‘n wedstryd vir die boulers teen NWU Taurus met 5 paaltjies geseëvier. Taurus het eerste gekolf en is vir 118 uitgeknikker met net Reuben Visagie met 51 wat enigsins kon hondhaaraf maak. Marco Jansen was een vir die sterre vir …

Potch Dorp Krieketklub het die afgelope naweek tydens die Noordwes Premier Klubkrieketliga op Witrand in ‘n wedstryd vir die boulers teen NWU Taurus met 5 paaltjies geseëvier. Taurus het eerste gekolf en is vir 118 uitgeknikker met net Reuben Visagie met 51 wat enigsins kon hondhaaraf maak. Marco Jansen was een vir die sterre vir Potch Dorp met syfers van 5/25. Potch Dorp het die nodige lopies aangeteken met 5 paaltjies plat nadat Taurus se Walter Fokkens (3/32) en Kellerman Lubbe (1/32) hulle bes probeer het met akkurate boulwerk. Richardt Frenz se onoorwonne 41 en Shane Dadswell se 33 was genoeg vir Dorp om verby die teiken te beweeg en die wen in te palm.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button