SportSport

Mooirivier se stappers raap al die medaljeplekke op

Soos die drie musketeers was Laerskool Mooirivier se o.13 1500m stapsensasies, Marizel Meintjies (goud), Elrie Koornhof (silwer) en Sonika Brits (brons), herenig op die podium by die afgelope Sub-Jeug Interprovinsiale atletiekkampioenskappe op die Kenneth McArthur Stadion op Saterdag, 24 November. Al drie hierdie stappers van Mooiriver het vir die Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) in hierdie …

Soos die drie musketeers was Laerskool Mooirivier se o.13 1500m stapsensasies, Marizel Meintjies (goud), Elrie Koornhof (silwer) en Sonika Brits (brons), herenig op die podium by die afgelope Sub-Jeug Interprovinsiale atletiekkampioenskappe op die Kenneth McArthur Stadion op Saterdag, 24 November.
Al drie hierdie stappers van Mooiriver het vir die Atletiek Sentraal Noordwes (ASNW) in hierdie glorieryke kampioenskappe deelgeneem en weer bewys dat die krag van stap in SA juis in Potchefstroom lê. Meintjies het in ‘n tyd van 08:22:99 klaargemaak, Koornhof in 08:29.88 en Brits in 09:06.50.
Dit gebeur nie elke dag dat een skool se atlete by so ‘n nasionale kompetisie die medaljeplekke in ‘n wedloop oorheers nie, maar vir Meintjies (13), Koornhof (12) en Brits (13) was die tafel gedek van die eerste paar tree af.
“Dit was verskriklik warm en ons tye was baie stadiger as ons beste tye. Die son het dit moeilik gemaak. Steeds is ons gelukkig met ons plekke,” vertel ‘n opgewonde Koornhof.

Laerskool Mooirivier se puik stappers wat by die onlangse Interprovinsiale Sub-Jeug kampioenskappe podiumplekke in die o.13 1500m stapitem vir dogters behaal het. Van links na regs is Elrie Koornhof, Marizel Meintjies en Sonika Brits. Foto: Wouter Pienaar
Laerskool Mooirivier se puik stappers wat by die onlangse Interprovinsiale Sub-Jeug kampioenskappe podiumplekke in die o.13 1500m stapitem vir dogters behaal het. Van links na regs is Elrie Koornhof, Marizel Meintjies en Sonika Brits. Foto: Wouter Pienaar

“Omdat jy jou mede stappers ken, kan jy nogal sleg voel as jy hulle moet verbyvat, maar dit is maar deel van ‘n wedloop,” vertel Brits.
“Tegniek is baie belangrik in stap en om te weet wanneer om te versnel en atlete verby te vat. Dit is die tweede moeilikste item in atletiek, naas paalspring,” noem Meintjies.
Koornhof en Brits oefen stap by die ervare Gerard Moerdyk, terwyl Meintjies by die bekende Cobus en Jess Groenewald wat ook al talle puik atlete afgerig het. Interessant genoeg was Jess ook onder die hande van Moerdyk as een van sy stapatlete op ‘n tyd.
Een ding is seker en dit is dat hierdie drie jong atlete nog ‘n lang loopbaan in die sport het en hulle vir die voorsienbare toekoms nog ‘n groot aandeel in Potchefstroom en ASNW se sukses sal hê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button