SportSport

Haasbroek word as kaptein van nasionale USSA-krieketspan gekies

NWU se veelsydige krieketster, Ruan Haasbroek, het na ‘n uitstekende 2018 USSA Krieketweek die eer verdien om die USSA Nasionale Studentespan as kaptein te verteenwoordig. Haasbroek was uitstekend met sy draaibal boulwerk, en het met ‘n beste boulontleding van 5/30 gespog. Hy het wel effens soos meeste van sy NWU spanmaats met die kolf in …

NWU se veelsydige krieketster, Ruan Haasbroek, het na ‘n uitstekende 2018 USSA Krieketweek die eer verdien om die USSA Nasionale Studentespan as kaptein te verteenwoordig.
Haasbroek was uitstekend met sy draaibal boulwerk, en het met ‘n beste boulontleding van 5/30 gespog. Hy het wel effens soos meeste van sy NWU spanmaats met die kolf in die hand gesukkel.
Haasbroek is ook ‘n oud-Gimmie en was ook kaptein van Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan in 2015 wat as Noordweswenners bekroon is.
Haasbroek was in sy noppies met die aankondiging en baie geeerd om die span van week te lei.
“Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om vir die span gekies te word en dan nog die span te kan lei ook. Dit is verblydend om te sien dat mens se harde werk beloon word. Ek sou dit wel nie sonder my spanmaats kon doen nie, hulle het ongelooflike veggees gewys. Al het ons as ‘n span nie bereik wat ons wou nie is daar baie positiewes wat uit hierdie week gekom het vir die toekoms van NWU krieket,” het hy uitgebrei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button