Jansen is eerste Gimmie wat SA o.19-krieketspan haal
Die 2018 Gimmie eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen (18) is die eerste krieketspeler van dié skool wat Proteas o.19-kleure verwerf nadat hy vir die SA-span gekies is wat na Indië vanaf 16 Februarie tot 2 Maart gaan toer. Jansen het by die afgelope Cubs-krieketweek vir die Lions uitgeblink en na ‘n puik o.19 Khaya Majola Nasionale …

Die 2018 Gimmie eerstespan krieketkaptein, Marco Jansen (18) is die eerste krieketspeler van dié skool wat Proteas o.19-kleure verwerf nadat hy vir die SA-span gekies is wat na Indië vanaf 16 Februarie tot 2 Maart gaan toer.
Jansen het by die afgelope Cubs-krieketweek vir die Lions uitgeblink en na ‘n puik o.19 Khaya Majola Nasionale Krieketweek is hy ook as die Veelsydige Speler van die Week aangewys. Jansen was ook saam met sy tweelingbroer, Duan in die Noordwes o.19-span gewees met albei wat puik vertoning gelewer het.
Hierdie linkerarm snelbouler en regterhandse kolwer ryg die afgelope seisoen groot pryse in en beleef werklik ‘n merkwaardige jaar waar hy ook vir die Noordwes Dragons uitdraf – as matriekleerder. Volgens Jansen, se eerstespan afrigter by Gimmies, Wian Lubbe, was dit nog altyd ‘n droom van hom om sy groen Protea-baadjie te kry.
“Marco het nog altyd die harde werk ingesit en hy het eerlikwaar aan die begin van 2018 meer moeite ingesit en dit het vrugte afgewerp. Marco het vroeër die jaar vir die Indiese krieketspan in die nette geboul en daar het hy werklik begin indruk maak, kort daarna het hy ook sy eerste wedfstryd vir die Dragons gespeel,” vertel Lubbe.

“Nog ‘n goeie karaktereinskap van Marco is da thy met sy voorbeeld le en ook baie nederig is. Hy help ook graag die jonger spelers. Dit is vir my fantasties dat sy drome waar geword het,” vertel hy.
Jansen gaan saam met ander jong opkomende spelers soos die Dolphins se Matthew Montgommery, die talentvolle kolwer, Jonathan Bird van WP en Kgaudise Molefe van die Lions die Indiese toestande aanpak met Lawrance Mahatlane wat weer die o.19 span as afrigter gaan aanvoer.
SA o.19-span na Indië
Matthew Montgomery (kaptein, Hollywoodbets Dolphins), Luke Beaufort (Warriors), Jonathan Bird (WSB Cape Cobras), Achille Cloete (WSB Cape Cobras), Gerald Coetzee (VKB Knights), Marco Jansen (bizhub Highveld Lions), Thamsanqa Khumalo (Hollywoodbets Dolphins), Bonga Makaka (WSB Cape Cobras), Andile Mogakane (Hollywoodbets Dolphins), Kgaudise Molefe (bizhub Highveld Lions), Lifa Ntanzi (Hollywoodbets Dolphins), Bryce Parsons (bizhub Highveld Lions), Siya Plaatjie (WSB Cape Cobras), Ruan Terblanche (WSB Cape Cobras), Nonelela Yikha (Warriors).



