SportSport
NWU se Varsitybekerspan word aan hul tuisskare bekendgestel op die Amfi
Die NWU se 2019 Varsitybekerspan is vanmiddag (14 Februarie) op Valentynsdag met hulle amptelike spanbekendstelling met ope arms en harte ontvang. Die NWU speel komende Maandag, 18:30 teen UWK op die Fanie du Toit Sportgronde en begin hul bekerveldtog tuis komende week. Die skare op die Amfi was in rep en roer met almal wat …

Die NWU se 2019 Varsitybekerspan is vanmiddag (14 Februarie) op Valentynsdag met hulle amptelike spanbekendstelling met ope arms en harte ontvang.

Die NWU speel komende Maandag, 18:30 teen UWK op die Fanie du Toit Sportgronde en begin hul bekerveldtog tuis komende week. Die skare op die Amfi was in rep en roer met almal wat in pers geklee is om die geleentheid ekstra geur en glans te gee.

Daar was sang, dans, en vele interessante kompetisies sowel as die NWU se Visie-Kansellier, Prof. Dan Kgwadi wat die span vir die toernooi gelukgewens het.
Kyk die foto’s van die jolyt hier:
Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





























