SportSport

Gimmies se o.15’s wen naelskraap wedstryd teen Monnas

Gimmies se o.15A-krieketspan speel vanjaar krieket propvol Gimmie-guts. Dit het hulle weer die afgelope Saterdag bewys toe hulle Hoërskool Monument met twee lopies in die Finsbury B-liga in ‘n wegwedstryd gewen het. Gimmies teken 184 lopies aan, waarvan Martin van Onselen vir 74 lopies gesorg het en Jadrik Lamprecht vir 40. Martin Bullock het drie …

Gimmies se o.15A-krieketspan speel vanjaar krieket propvol Gimmie-guts. Dit het hulle weer die afgelope Saterdag bewys toe hulle Hoërskool Monument met twee lopies in die Finsbury B-liga in ‘n wegwedstryd gewen het.
Gimmies teken 184 lopies aan, waarvan Martin van Onselen vir 74 lopies gesorg het en Jadrik Lamprecht vir 40. Martin Bullock het drie paaltjies geneem en Reinhardt Röntgen vier.

Gimmies se puik o.15-A krieketspan.
Gimmies se puik o.15-A krieketspan.

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het Saterdag, 9 Februarie in die Finsbury B-liga teen Hoërskool Monument op die Gimmies Oval met 117 lopies kleigetrap.
Gimmies kon nie Monument se totaal van 263/9 inhaal nie en is almal vir 146 uitgeboul met slegs Franco Boshoff se (39 van 42 balle) en Xander van Gass se geduldige 30 lopies wat weerstand kon bied.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button