Volkies gereed vir T20-krieketfees hierdie Sondag
Reën het die laaste sê gehad in die Coca-Cola Noordwes Skolekriekettoernooi wat die afgelope naweek by die NWU-Puk Oval sou plaasvind. Die semi-finale en finaal sou verlede Saterdag gebeur het, maar die velde was toe te nat en wedstryde is nou na komende Sondag, 24 Februarie geskuif. Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan het verlede naweek …

Reën het die laaste sê gehad in die Coca-Cola Noordwes Skolekriekettoernooi wat die afgelope naweek by die NWU-Puk Oval sou plaasvind.
Die semi-finale en finaal sou verlede Saterdag gebeur het, maar die velde was toe te nat en wedstryde is nou na komende Sondag, 24 Februarie geskuif.
Hoër Volkskool Potchefstroom se eerstespan het verlede naweek vir Gimmies met 87 lopies kafgedraf in ‘n eensydige wedstryd. Volkies gaan nou in die semi-finaal teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom en gaan die gunsteling wees om na die eindstryd te vorder. Met spelers soos Jannie Claassens en die draaiers, Stephan Fourie en Van Zyl Smit, het die Potchefstroomse skool ‘n uitstekende kans. Die ander halfeindstryd sal tussen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Klerksdorp bepaal word.
Wedstrydtye:
10:00 – Volkskool teen Lichtenburg (NWU Puk Oval)
10:00 – KHS teen Rustenburg (Ibbies Oval)
14:00 – Finaal (NWU Puk Oval




