SportSport

Theuns Naudé se atlete skitter by SA’s

Sy gooi die gewigstootbal verder as al die seuns in haar skool.”

Sy gooi die gewigstootbal verder as al die seuns in haar skool.”

So vertel die bekende plaaslike atletiekafrigter en meestersatleet, Theuns Naudé oor een van sy top SA atlete, Jamoré Olivier (o.12), wat goud met ‘n 12.36 m gooi by die SA Skolekampioenskappe in Germiston behaal het.

Die bekende Potchefstroomse atletiekafrigter, Theuns Naudé, saam met atlete wat medaljes by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe ingepalm het. Links is Jamoré Olivier en regs Martiné van Aswegen.
Die bekende Potchefstroomse atletiekafrigter, Theuns Naudé, saam met atlete wat medaljes by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe ingepalm het. Links is Jamoré Olivier en regs Martiné van Aswegen.

Olivier, ‘n graad ses-leerder aan Laerskool Mooirivier, is ‘n rekordbreker van formaat en het by die Noordwes Atletiekkampioenskappe drie keer haar eie rekord gebreek. “Gewigstoot is vir my lekker en ek geniet dit baie. Ek wil net aanhou verbeter,” noem sy. Naudé se ander SA-atleet, Martiné van Aswegen (Laerskool Mooirivier) het in die gewigstoot-item met ‘n 9.39 meter gooi in die o.10-afdeling die skare staande gehad en sodoende brons op die SA’s in Germiston verwerf. Van Aswegen toon fenominale groei nadat Naudé haar slegs vanaf die begin van die jaar afrig. “Hulle albei kan mooi kophou en dit is belangrik.

“Hulle is doelgerig en vir my gaan dit net om die beste uit hulle te kry. Die medaljes is net ‘n bonus,” vertel Naudé met ‘n glimlag.
Dit is duidelik dat hierdie twee atlete nog mooi dopgehou moet word in dié velditem en dat die rekords glad nie veilig is wanneer hulle in die sirkel stap nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button