SportSport

NWU se Young Guns struikel teen Maties in eindstryd

NWU se spoedig linkervleuel, Siya Khoza, skerp skrumskakel, Sylvester Hassien en die vurige agtsteman, André Fouché het briljante wedstryde beleef

Die NWU se Young Guns-span kon na ’n fantastiese seisoen net nie oor die laaste hekkie spring nie en het met 32-22 teen Maties se Young Guns in die eindstryd gestruikel.

Hierdie taai stryd tussen twee spanne propvol jong opkomende Varsitybekertalent het die afgelope Maandag (15 April) op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch plaasgevind met sjampanje-rugby wat opgedis is.

Die telling was in ‘n stadium 22-elk en kon enige kant toe gaan met die NWU se spoedig linkervleuel, Siya Khoza, skerp skrumskakel, Sylvester Hassien en die vurige agtsteman, André Fouché wat briljante wedstryde beleef het. Al hierdie spelers het witlynkoors gehad met Tristan Oosthuizen se skopvoet wat een doelskop oorklits. Oosthuizen is beslis ‘n speler om dop te hou en die linkervoetlosskakel kan groot naam maak in ‘n pers NWU-trui.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button