SportSport

Evardi Boshoff op losskakel vir Luiperds teen Leeus

Die Luiperds se twee verkose losskakels, Siya Masuku en Schalk Hugo is altwee beseer en Evardi Boshoff sal nou teen die Leeus die nommer 10-trui dra.

Die Luiperds speel komende Saterdag om 15:30 by Hoërskool Wolmaransstad teen die Goue Leeus in hulle tweede Supersportreeks-stryd en dit behoort ‘n groot kragmeting te wees.

Die Leeus het ‘n vurige agterlyn met Madosh Tambwe, Eddie Fouché en Jean-Luc Cilliers wat vir die verdedigers probleme kan verskaf.

Die Luiperds se twee verkose losskakels, Siya Masuku en Schalk Hugo is altwee beseer en Evardi Boshoff sal nou teen die Leeus die nommer 10-trui dra.

Die span van Noordwes gaan ook  weer wil terugveg nadat hulle die vorige naweek met 27-34 teen die Griffons in Welkom verloor het.

Die Luiperdsspan teen Leeus is:

15. Chuiner van Rooyen, 14. Bradley Moolman, 13. Cheswin van Wyk, 12. AK Nela, 11. Lincoln Daniels; 10. Evardi Boshoff, 9. Boela Abrahams, 8. HP Swart, 7. Reuben du Plooy, 6. Edmund Rheeder, 5. Johan Retief, 4. Alex van Staden, 3. Matimu Manganyi, 2. Marius Stander, 1. Botter Moloto.

Reserwes: 16. Ruan Groenewald, 17. Nelius Theron, 18. Danny du Plooy, 19. Wandi Masibuko, 20. Chriswill September, 21. Nkululeko Mcuma, 22. Keagan Tait.

  • Lees meer oor die Luiperds se nederlaag teen die Griffons in hierdie week (2 Mei) se Herald. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button