SportSport

Leeus troef Luiperds in Wollies

Die Luiperds het hulle oomblikke gehad, soos Eugene Hare se spogdrie wat Chuiner van Rooyen met ‘n pragtige lopie bewerkstellig het, maar oor die 80 minute was die Leeus grootliks baas.

Die Luiperds het vanmiddag (4 Mei) in Wolmaransstad met ‘n 55-27 nederlaag nie veel hond haar af gemaak teen ‘n gedugte Goue Leeus-span in hulle Supersport Uitdaagreekswedstryd nie

Die Leeus het op die Luiperds se foute gekapitaliseer en nooit teruggekyk nadat hulle 28-8 teen halftyd voorgeloop het nie. Die Luiperds het hulle oomblikke gehad, soos Eugene Hare se spogdrie wat Chuiner van Rooyen met ‘n pragtige lopie bewerkstellig het, maar oor die 80 minute was die Leeus grootliks baas.

Hierdie wedstryd wat op Hoërskool Wolmaransstad plaasgevind het, was ‘n driefees met altesaam 12 drieë wat die lojale toeskouers kon geniet. Die Leeus het 8 ingepalm, terwyl hulle die Luiperds 4 kon druk in hierdie katgeveg op Noordwes-grond.

Die Leeus se ster was die vleuel, Madosh Tambwe wat ‘n driekuns behaal het. Ander uitblinkers vir die manne van Johannesburg was die agtsteman Jo-Hanko de Villiers wat ook drie drieë gaan druk het.

Die Luiperds sal nou vinnig weer moet heerbesin en beplan om ‘n derde nederlaag in ‘n ry in dié kompetsie te vermy.

Foto’s: Wouter Pienaar

Punte:

Luiperds:  27 (8)

Drieë: Marius Stander, Johan Retief, Eugene Hare, Chriswill September

Doelskoppe: Lincoln Daniels (2)

Strafskoppe: Lincoln Daniels

Leeus: 55 (28)

Drieë: Madosh Tambwe, Jo-Hanko de Villiers, PJ Botha, Ulrich Maritz

Doelskoppe: Jean-Luc Cilliers (6)

Strafskoppe: Jean-Luc Cilliers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button