SportSport

Rolbal se besigheidsliga is ‘n groot sukses

Van Potchefstroom se bekendste besighede neem aan hierdie prettige, tog kompeterende liga deel, waar die spel ook in die proses nuwe voete kry en belangstelling onder beide mans en vroue trek.

Die Potchefstroom Buiteklub (PCC) het die afgelope seisoen groot welslae met die stigting van ’n Sosiale Rolballiga beleef.
Van Potchefstroom se bekendste besighede neem aan hierdie prettige, tog kompeterende liga deel, waar die spel ook in die proses nuwe voete kry en belangstelling onder beide mans en vroue trek.
Volgens Louis Wessels, die organiseerder van die liga en lid van die rolbalklub se bestuur, is daar ’n goeie gees onder die besighede en die feestelike atmosfeer is iets om te beleef.

Foto’s: Wouter Pienaar

“Dit het ontstaan toe ons rolbalklub ‘n pretdag aangebied het. Besigheidseienaars het toe met die idee vorendag gekom om ligte op die baan aan te bring en dit in ‘n aandkompetisie te omskep. Ons het ingestem en die reuse sukses van die liga het ons baie verras,” sê Wessels.

Die eerste rondte van die liga het vanaf September tot November 2018 plaasgevind met 12 spanne wat deelgeneem het. In die tweede rondte vanaf Februarie tot April vanjaar het 18 spanne ingeskryf, wat die groei en populariteit van dié toernooi beklemtoon.

Volgens Jan Koekemoer, president van Noordwes Rolbal en die PCC Rolbalklub, is dit hul droom en visie om ‘n tweede baan verlig te kry om dié liga net verder en beter te laat groei. Dié sosiale- en besigheidsliga het ook die klub geldelik gehelp om ons geriewe te verbeter,” sê Koekemoer.

*Belangstellendes kan Louis Wessels by 083 300 5028 skakel vir meer besonderhede oor die nuwe liga wat op 5 September afskop en tot einde Oktober duur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button