SportSport

Rantso en Chederick skitter met silwer vir NWU in Napels

Rantso Mokopane het puik presteer en ‘n silwermedalje in die 3000m hindernis in die vinnigste tyd van sy roemryke loopbaan verower.

Die Noordwes Universiteit (NWU) se atlete het gewys waar Dawid die wortels gegrawe het, toe hulle Suid-Afrika se naam by die 2019 FISU Universiade in Napels, Italië vanaf 8-13 Julie hoog gehou het.
Die NWU se ster-naelloper Chederick van Wyk en sy afrigter, Werner Burger, het die kollig by hierdie universiade met wêreldklas prestasies gesteel.

Chederick het twee silwermedaljes verower en in die 200m die vinnigste tyd van sy loopbaan aangeteken. Chederick se tye was 10.23 in die 100m en 20.44 in die 200m. Rantso Mokopane het ook puik presteer en ‘n silwermedalje in die 3000m hindernis in die vinnigste tyd van sy roemryke loopbaan verower. Die deurwinterde afrigter, Spring Phakathi, rig Rantso af.
Nog twee atlete het persoonlike beste afstande in die kwalifiserende rondtes aangeteken: Jo-Ané van Dyk (spiesgooi – 57.32m) en Marga Cumming (hamergooi 61.39m).

Volledige uitslae:

* Chederick van Wyk- 100m 2de 10.23;
200m 2de 20.44 (PB)
* Rantso Mokopane – 3000m hindernis 2de 8:30.37 (PB)
* Mpho Links – hoogspring 5de 2.21m
* Jo-Ané van Dyk – spiesgooi 6de 56.85m
* Johann Grobler – spiesgooi 6de 75.69m
* Alan Cumming – hamergooi 6de 66.49m
* Tshepang Makhete – hamergooi 10de 65.70m
* Marga Cumming – hamergooi 11de 58.80m
* Joné Kruger – verspring 17de 6.03m
* Tiaan Kleynhans – 110m hekkies 19de 14.25.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button