Ferdies se o.15 hokkiespan was Noordvaal kleinskole-wenners vir die eerste keer in die geskiedenis is agter van links: Joye Fransman, Elodie van der Merwe, Esmiralda Lemmer, Rochelle Rousseau (afrigter), Jaunné Porter, Elane Snyders (afrigter), Janique Derbyshire, Mieke Schutte. Middel van links: Mila Springthorpe, Sophie Leckel, Lucy Menzi, Thato Leping, Sam Hlubi, Mckayla Snyders. Heel voor: Bianca Janeke en Casmeere Williams.
Vir die eerste keer in Ferdinand Postma se geskiedenis het Ferdies se o.15 hokkiedogters in die Noordvaal-finaal gewen.
Dit was ‘n baie opwindende wedstryd waarin die dogters deur middel van hulle entoesiasme en spangees bewys het dat hul nie ‘n span is om sonder handskoene aan te pak nie. Lucy Menzi, Mieke Schutte en Jaunné Porter het die doele aangeteken wat die spangerigte sege beklink het.
Ferdies se eerste hokkiespan behaal ‘n vyfde plek. Voor is Cornelia Hitge, Monique Lubbe, Mathabo Moffat, Charlise du Preez. Agter: Zia Pieterse, Ina-Mari Palm, Elza Lemmer, Thato Matome, Anja van Tonder, me Lizanne de Villiers (afrigter), Simoné Willemse (o.kapt), Susan Steyn, Jillian Springthorpe, Philiswa Mkhuzo, Boitumelo Mabusela, Juané Schoeman, Boipelo Sekete (kaptein) Foto’s: VerskafFerdies se o.15 hokkiespan was Noordvaal kleinskole-wenners vir die eerste keer in die geskiedenis is agter van links: Joye Fransman, Elodie van der Merwe, Esmiralda Lemmer, Rochelle Rousseau (afrigter), Jaunné Porter, Elane Snyders (afrigter), Janique Derbyshire, Mieke Schutte. Middel van links: Mila Springthorpe, Sophie Leckel, Lucy Menzi, Thato Leping, Sam Hlubi, Mckayla Snyders. Heel voor: Bianca Janeke en Casmeere Williams.
Die eerste dogtershokkiespan van Hoërskool Ferdinand Postma het die afgelope naweek aan die Noordvaal kleinskole-toernooi in Vanderbijlpark deelgeneem.
Ná ‘n taai wedstryd in die eerste rondte is die span na die onderste helfte van die uitkloptoernooi uitgeskakel.
Die span het verder goed presteer en in die finale wedstryd die span van Curro Roodeplaat met 1-0 verslaan om ‘n vyfde plek te behaal
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.