SportSport

Pro-Am ‘n groot sukses by Potchefstroom Buiteklub

Twintig vierballe, bestaande uit ‘n professionele dames speler en drie amateur spelers (mans en dames), het aan die kompetisie deelgeneem.

Die Potchefstroomse Buiteklub het in samewerking met Jenny Havenga Lifestyle Developers ‘n Pro-Am-kompetisie ten bate van Women’s Golf South Africa aangebied. Twintig vierballe, bestaande uit ‘n professionele dames speler en drie amateur spelers (mans en dames), het aan die kompetisie deelgeneem.
Die wenners van die professionele dames was:
1ste – Nobuhle Dlamini met ‘n telling van 75
2de – Bonita Bredenham met ‘n telling van 75
3de – Lindi Coetzee met ‘n telling van 75
In die afdeling vir die spanne was die wenners die volgende spelers:
1ste – Joe Wood, Fanie Loubscher, Jaco Connoway en die professionele speler, Lesley Grandet, op 90 punte
2de – Werner Bester, Lourie van der Merwe, Conrad Fick en die professionele speler, Catharine Lau, op 88 punte
3de – Anton van Rooyen, Jaco van Rooyen, Hannatjie van Rooyen en die professionele speler, Bonita Bredenham, op 88 punte.
Die kompetisie was uiters geslaagd en daar word beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button