Die NWU se Varsity Krieketspan gaan hierdie komende week tuisvoordeel moet benut om met ‘n nuwe span sewe ander universiteite in hierdie groot toernooi vanaf 2-7 September uit te oorlê. Lesego Senokwane sal die span lei en hierdie NW-Dragons en NWU veelsydige speler sal sy span op die veld goed moet lei. Verder sal plaaslike Potchefstromers en oud-Gimmies, Lourén Steenkamp en Ruan Haasbroek lopies moet moker wat hulle talent regverdig. Nuwelinge soos Henro Janse van Rensburg en Khanya Cotani sal ook met die kolf wil impak maak.
NWU span:
Lesego Senokwane (kaptein), Lourén Steenkamp, Eben Botha, Nico Davin, Michau du Preez, Ruan Haasbroek, Steffan Vorster, Khanya Cotani, Nico Loubser, Henro Janse van Rensburg, AJ Jacobs, Hlompo Modimokoane, Bantu Dandala, Danfred Sefoor.
NWU se bepalings:
Maandag 2 September – NWU teen UJ – 14:00 (Ibbies Oval)
Dinsdag 3 September – NWU teen NMMU – 13:40 (Ibbies Oval)
Woensdag, 4 September – NWU teen UWC – 18:00 (Senwespark)
Donderdag, 5 September – NWU teen UCT – 13:40 (NWU Oval)
Donderdag, 5 September – NWU teen CUT – 18:00 (Senwespark)
Vrydag, 6 September – NWU teen Maties – 13:40 (Ibbies Oval)
Vrydag, 6 September – NWU teen Tukkies – 18:00 (Senwespark)



