SportSport

Noordwes se IPT-span wen B-afdeling

Rigardt Albertse, Coenie Schoonhoven en Riaan Swart is die plaaslike Potchefstromers wat deel is van die Noordwesspan.

Noordwes se top gholfspelers het die afgelope naweek hulle beste spel uitgehaal toe hulle die B-afdeling by die jaarlikse Inter Provinsiale Toernooi (IPT) in Nelspruit gewen het. Noordwes het na vier spanningsvolle dae uiteindelik as die wenners van die B-afdeling uit die stryd getree.

Die span het gelykop gespeel teen Vrystaat en OP. Noordwes het daarna teen Grens, Boland en Mpumalanga gespeel en belangrike oorwinnings behaal. Baie wedstryde het tot op die agtiende putjie gegaan, wat bygedra het tot die spanning van die week.

Dit is 17 jaar sedert Noordwes die B-afdeling gewen het, aangesien hulle ‘n klompie jare in die A-afdeling gespeel het. Rigardt Albertse, Coenie Schoonhoven en Riaan Swart is die plaaslike Potchefstromers wat deel is van die Noordwesspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button