SportSport

Met slegs 5% visie in regteroog is sy ‘n kampioenruiter

Haar prestasies in die saal is nog meer merkwaardig as ‘n mens die feit in ag neem dat sy net vyf persent sig in haar regteroog het. Dit maak dit juis moeilik om diepte te skat en spronge reg te doen in hierdie tegniese sport waar verskeie take perfek uitgevoer moet word.

‘n Mens kan met ‘n gebrek dalk dink dat jy nie sommer die verkeerde perd sal wil opsaal nie, maar Annelize Oppel sal eers tou opgooi wanneer die perde begin horings kry.

Annelize, ‘n plaaslike perderuiter wat maar slegs vyf jaar by hierdie uitdagende sportsoort betrokke is, het reeds vir die tweede agtereenvolgende jaar haar SA kleure in Western Mounted Games verwerf.

Die koerantberig wat in die Oktober 1974 uitgawe in die Herald oor Annelize as tiener gimnas, verskyn het.
Die koerantberig wat in die Oktober 1974 uitgawe in die Herald oor Annelize as tiener gimnas, verskyn het.

Haar prestasies in die saal is nog meer merkwaardig as ‘n mens die feit in ag neem dat sy net vyf persent sig in haar regteroog het. Dit maak dit juis moeilik om diepte te skat en spronge reg te doen in hierdie tegniese sport waar verskeie take perfek uitgevoer moet word.

Annelize (neé Geyser) het haar sig verloor toe sy as sesjarige haar oog met ‘n mes beseer het. In die Potchefstroom Herald van 1974 verskyn daar ‘n berig van die 16-jarige Annelize en haar sukses as SA kampioen in gimnastiek. Nou, 45 jaar later, is Annelize weer een van SA se bestes in haar gekose sportsoort – gebrek en al.

“Ek is al gewoond om so te ry en te skat met een oog. Dit vat hope toewyding, volharding en guts,” noem Annelizé, wat die oudste dame is wat by die onlangse SAWMGA Kampioenskappe in Parys in die SA-span opgeneem is.

“Ek is iemand wat van harde werk en ‘n uitdaging hou. Ek laat nie toe dat dit wat onmoontlik lyk, my keer nie. Ek is ook ‘n vegter en dit is ‘n bewys dat ‘n mens kan aanpas en steeds jou doelwitte kan bereik,” vertel Annelize.

Sy het juis in Maart 2016 haar been ook gebreek toe sy van haar perd afgeval het. Net vir die interessantheid wys sy vir my die merk op haar been van daardie terugslag.
“Dit is maar deel van die sport. Die belangrikste is om nooit op te hou nie en jou drome en passie uit te leef. As ek kan met my beperkte visie, kan enigiemand ander ook gebreke oorkom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button