
Saaterdag, 19 Oktober is ‘n geskiedkundige dag in Volkies se krieket met die eerste, tweede en o.15A spanne wat almal die NW-liga gewen het.
Volkies se o.15A-span het Gimmies met 7 paaltjies verslaan, danksy ‘n puik onoorwonne honderdtal van Ludwich Schuld. Gimmies se Martin Bullock het ook ‘n fantastiese honderdtal aangeteken in hulle totaal van 249.
Foto’s: Wouter Pienaar
Volkies se eerstespan het Rustenburg in die o.19A NW-finaal met 70 lopies geklop. Volkies se kolwers het die oorwinning bewerkstelling toe VanZul Smit (152) en Niel Jansen van Vuuren (83) die fondasie met ‘n groot 187-lopie vennootskap gele het. Volkies eindig op 311/6 en beperk Rustenburg tot 241 almal uit.
Volkies se tweedespan het teen Ferdies met 167 lopies geklop. Waldo Kemp se 109 en Gerhard Visser se 5/19 het die oorwinning verseker.
Lees meer in komende week se Potchefstroom Herald.




