
Die Berts Bricks Supa Quick Night Race wat op 16 Oktober gehou is, was ten spyte van beurtkrag, weer eens ’n groot sukses.
Aaron Moate van Tsepo Atletiekklub het die 10km-wedloop met ‘n tyd van 32:21 gewen. Jeffrey Moabankwe van Klerksdorp Marathonklub was 2de en Ismael Ndebele derde met ’n tyd van 35:17.
By die dames was die top drie atlete almal van Berts Bricks Atletiekklub. Minette Bell was eerste met ’n tyd van 41:32, Daniela Louw tweede met ‘n tyd van 46:40 en Cheri Oosthuizen derde met ‘n tyd van 47:02. Berts Bricks bedank graag hul borge en elke atleet wat tot die sukses van die wedloop bygedra het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



