SportSport

Bespreek jou kaartjies vir Varsitybeker!

Kaartjies moet aanlyn vir R5 by Quicket gekoop word.

Vanjaar moet toeskouers kaartjies koop om die Varsitybekerwedstryde op die Fanie du Toit Sportgronde by te woon. Daar sal nie kaartjies by die hek beskikbaar wees nie.

Kaartjies moet aanlyn vir R5 by Quicket gekoop word. Hier is die skakel vir die komende wedstryd tussen die NWU en Shimlas op Maandag, 17 Februarie:

https://www.quicket.co.za/events/96728-varsity-cup-nwu-eagles-vs-ufs-shimlas/

Die rede hoekom ondersteuners nou kaartjies moet koop is omdat Fanie du Toit Sportgronde nou vir veiligheidsredes omhein is. Daar mag net ‘n sekere kapasiteit mense in die sportgronde kom volgens die Wet op Veiligheid vir Sport en Ontspanningsgebeure (Sasrea).

Die kaartjies dien as ‘n metode om getalle toeskouers te monitor.

Daar is net 4900 kaartjies beskikbaar vir die wedstryd teen Shimlas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button