Rugbyliefhebbers kan hul rugbytruie aantrek, hulle koelerbokse gereed maak en soveel gees as moontlik na Olënpark hierdie Saterdag, 14 Maart bring.
Daar is min dinge so lekker soos taai kompeterende klubrugby op ‘n Saterdagmiddag en in Potch stel die spanne selde teleur.
Die Luiperds Presidentsliga-spanne gaan mekaar alreeds vanaf 12:00 aanvat met altesaam 7 wedstryde (4 op die A-veld en 3 op die B-veld) wat gaan plaasvind.
Hier is die wedstryde:
Olën Park A-veld:
12:00 Potch Agriculture vs Ikageng
13:30 Potch Dorp 1 vs NWU-Puk 1
15:30 Impala 1 vs Klerksdorp 1
17:00 Luiperds President XV vs Welkom 1
Olën Park B-veld:
12:30 Potch Dorp 2 vs PUK 2
14:00 Klerksdorp 2 vs Impala 2
15:30 Hurricanes vs Welkom 2



