SportSport

30 April is D-dag vir rugby

Volgens die Luiperds Rugbyunie se president, Mervyn Taylor, is rugby tans tot 30 April gestaak, maar personeel werk steeds van die huis af om die bal aan die rol te hou

Rugby in Suid-Afrika is weens die huidige COVID-19 pandemie tot en met 30 April stopgesit. Hierdie besluit van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie beïnvloed ook natuurlik die Luiperds Rugbyunie op plaaslike vlak.

Volgens die Luiperds Rugbyunie se president, Mervyn Taylor, is rugby tans tot 30 April gestaak, maar personeel werk steeds van die huis af om die bal aan die rol te hou. “Ons personeel het steeds werk om te doen, al is tye tans moeilik, aangesien ons nie mag rugby speel in die inperkingsperiode nie. Ons beplanning gaan wel nog aan en ons kommunikeer nog gereeld met SARU oor moontlike stappe vorentoe. Ons sal wel eers almal moet sien wat met die virus gebeur voor ons enige besluite kan neem,” noem Taylor.

“Kyk, ons is ook nie seker of die Cravenweek nog sal voortgaan as die periode verleng word nie, aangesien akademie vir skole die prioriteit sal wees. Op hierdie stadium is alles nog te onseker,” noem hy verder.

Die goeie nuus is dat die Luiperds finansieel nog steeds goed  funksioneer, aangesien daar die afgelope jaar goeie beplanning en bestuur van sake was. Vir Potchefstroom Dorp Rugbyklub affekteer die inperkingsperiode die klub negatief, aangesien fondsinsamelingsgeleenthede en algemene rugbybedrywighede eers opsy gesit moet word.

Volgens Bolla van der Merwe van Potch Dorp Rugbyklub, sou die klub se grootste fondsinsameling, ‘n gholfdag, verlede Vrydag, 3 April plaasgevind het, maar die gholfdag is tot 15 Mei uitgestel. “Ons afrigters Joe Smith, Espere Smith en spanbestuurder Mitch Coetzee, het kontak met die spelers en het vir hulle oefenprogramme gegee om aktief te bly tydens die inperking.

Doynton Berry, vaskopstut van Potch Dorp, probeer om twee NWU-Puk verdedigers te klop. Foto: Wouter Pienaar

 

Ons probeer die moraal en gees in die klub hou om mekaar uit te daag om bemoedigende woorde aan die gemeenskap te stuur of vir mekaar ’n grap te stuur,” voeg Van der Merwe by. “Ons wag vir die 16de om te hoor of ons na 30 April die ligas gaan aanpak en hoe dit gestruktureer gaan word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button