SportSport

Voëltjies fluit oor NWU se eerste virtuele gholfdag

Die grootste prys van die dag is sekerlik om as die eerste wenner ooit van die NWU Virtuele Gholfdag aangewys te word. D

Potchefstroom en die land se top gholfspelers kan uitsien na ‘n behoorlike potjie gholf hierdie maand wanneer die Noordwes-Universiteit (NWU) hulle eerste amptelike Virtuele Gholfdag op 18 Julie gaan aanbied.
Die dag werk soos volg: Spelers moet voor 15 Julie teen 12:00 aanlyn by die volgende skakel registreer: https://nwuevent.wufoo.com/forms/nwu-virtual-golf-day-18-july-2020/

Spelers kan op enige gholfbaan in die land of wêreld (naaste aan jou) ‘n 9 of 18 putjie rondte speel. Telling moet dan tussen 12:00 en 14:00 aanlyn aangeteken word. Die formaat is IPS en ‘n prysuitdeling sal om 17:00 op Zoom plaasvind.
Volgens Louis Janse van Rensburg, skakelbeampte en bemarker by die NWU, het die NWU se personeel en alumni gholfklub al ‘n geruime tyd die idee van ‘n gholfdag in die pyplyn gehad.

“Na aanleiding van die vorige aanpassings in vlak 3 van die inperking, kon ons toe weer begin gholf speel, maar daar mag steeds nie gholfdae of byeenkomste gehou word nie. Ons kon ook sien hoe suksesvol die vorige Virtuele Pretdraf en Virtuele Fietsry was en kan sien hoe mense smag na enige vorm van ‘n byeenkoms. Die gholfspelers wil net weer uitkom en speel,” het hy beklemtoon.

Janse van Rensburg noem ook dat ‘n speler se voorgee ‘n groot rol in die ranglys sal bepaal, maar dat die gholfdag ook oop is vir enige speler wat nie ‘n voorgee het nie.

“Daar is by al ons gholfdae kontant geskenkbewyse en baie NWU pryse om te wen. Die grootste prys van die dag is sekerlik om as die eerste wenner ooit van die NWU Virtuele Gholfdag aangewys te word. Daar is ook ‘n kategorie vir nie-gholfers wat net vir die pret wil deelneem.

“Op dié stadium lyk die inskrywings baie goed en ons sal graag wil hê dat mense oor die hele wêreld sal deelneem, hulle foto’s en video’s sal deel en dan na die gholfdag by ons prysuitdeling op Zoom sal inskakel. Dit moet voel of jy in die klubhuis by jou gunstelingbaan sit,” sê Janse van Rensburg.

* Geen inskrywingfooi vir die NWU Virtuele Gholfdag is betaalbaar nie. Die enigste fooi sal die van die buiteklub/gholfklub wees vir die dag se spel op die baan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button