SportSport

Alpha MMA-titelgevegte uitgestel weens onveilige toestande

"Die organiseerders het besluit dat toestande onveilig is en toe ry ons maar terug huis toe verniet."

Micky Cloete en Armando de Crescenzo, albei van die plaaslike Coalition Grappling Academy, sou die afgelope naweek by die Alpha MMA X byeenkoms by die Mall of Africa vir titels geveg het, maar weens oormatige dou op die stoeimat het hierdie gevegte nie plaasgevind nie.

Voor die eerste titelgeveg, nadat 11 nie-titel gevegte alreeds vanaf 17:00 plaasgevind het, is die vegters bymekaar geroep en het die organiseerders besluit dat die beplande oorblywende titelgevegte nie daardie aand sou plaasvind nie.

“Die organiseerders het besluit dat toestande onveilig is en toe ry ons maar terug huis toe verniet. Die gevegte is wel nou uitgestel na 7 November toe,” vertel Cloete en De Crescenzo se afrigter, Roevan de Beer.

Sodoende sal De Crescenzo en Cloete nou net nog ‘n maand moet wag voor hulle hulle hande op die titels kan kry.

Hier is die voorskouberig wat verlede week in die Herald was:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/78611/potch-vegters-gaan-vir-goud-by-alpha-mma/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button