SportSport

Talentvolle oud-Gimmie bergfietsryer maak stem dik met groot oorwinning

Dit was ‘n ongelooflike wedren waar Van Eeden gewys het wat in hom steek en sy kanniedood-houding uitgebeeld het.

Een van Potch se top fietsryers, Brendan van Eeden, is tans in top vorm op twee wiele en hy het dit die afgelope naweek tydens die Eston MTB Challenge-wedren met ‘n briljante oorwinning bewys. Van Eeden het die wedren in ‘n tyd van 1:20:54 gewen. Van Eeden, ‘n voormalige Gimmie, het vir die verdedigende kampioen Stuart Marais, naelskraap op die wenstreep in die 40km elite wedren geklop. Dit was ‘n ongelooflike wedren waar Van Eeden gewys het wat in hom steek en sy kanniedood-houding uitgebeeld het.

Brendan van Eeden in aksie vir

“Die verdedigende kampioen Stuart Marais het van die begin af gewys dat hy hier is vir een rede en die pas vinnig vinnig hard gemaak,” vertel Van Eeden (wat vir die span, Absolute Motion, ry) na sy sege. “Omtrent 5km in was daar ‘n bult waar ek voor gaan sit het en probeer het om die groep te split en dis waar ek, Stuart en Tyronne White, wegebreek het. Ek het weer n paar keer probeer wegbreek maar ongelukkig was die roete te plat en te kort (gewoonlik race elite 60km+) om iets te kon regkry,” verduidelik hy sy strategie. Sodoende het Van Eeden die pas tot op die laaste paar meter gehou, waar hy en Marais toe hulle laaste energie uitgetrap het.

“Toe ons in die arena inkom was Stuart voor, ek het sy wiel gevolg en net voor die laaste reguit stuk het Stuart die binnelyn oop gemaak en ek kon toe deurkom om die sprint net net te vat.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button