Die NWU Rugbyinstituut het ‘n vroeë present vanjaar gekry met die insluiting van die blitsvinnige senter, Conan Le Fleur, in die NWU se 2021 Varsitybekergroep.
Le Fleur is ‘n oud Glenwood High speler wat ook SA Skole in 2017 gespeel het. Le Fleur het ook vir die afgelope paar jaar vir Vrystaat Cheetahs se o.19 en o.21 spanne uitgedraf waar hy naam begin maak het en ook die jong 0.21 Cheetahs-span aangevoer het.
Nou moet Le Fleur in Potchefstroom blom – iets wat nie te moeilik sal wees onder die leiding van skerp rugbybreine by die NWU nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



