SportSport

Video: Wayde ‘n groot trekpleister in Potch

Van Niekerk was in 'n geselige luim na sy wedloop en het talle foto's saam ondersteuners en jong atlete geneem. 

Dit is bitter min dat ‘n Olimpiese 400 meter kampioen en wêreldrekordhouer op die McArthur Stadion in Potch te sien is, maar vandag (Dinsdag, 3 November) was die man van die oomblik, Wayde van Niekerk in lewe lywe te sien. Die SA-held wat die wêreldrekord in die 400m (43.03 sekondes) hou kon nie vanaand in die Atletiek Sentraal Noordwes ope byeenkoms sy beste vertoning in die 400m-item lewer nie en het ‘n tyd van 45.89 sek behaal. Die redes was ‘n foutiewe van ‘n wegspringblokfout in die begin, met die blok wat heeltemal gebreek het, sowel as die feit dat Van Niekerk nog in top vorm moet kom na ‘n lang stryd met beserings. Van Niekerk, wie se mikpunt dit is om sy titel in Tokio by die 2021 Olimpiese Spele te verdedig, was in ‘n gesellige luim na sy wedloop en het talle foto’s saam ondersteuners en jong atlete geneem.

Video: Wouter Pienaar

Dit is ‘n bewys dat Van Niekerk regtig een van SA se bekendste en geliefde sportsterre is – die glimlagte op jong kinders se gesigte was iets om te aanskou met die wete dat hulle vir altyd die kampioen se handetekening en foto het.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button