SportSport

Wade Jacobs kraai koning by Potch Ope

Wade Jacobs van Klerksdorp en die NWU het die toernooi met ‘n uitstekende telling van 132, wat 12 houe onder baansyfer is, gewen.

Die amptelike 9de Potch Ope-toernooi wat Sondag, 21 Februarie by die Potchefstroomse Buiteklub gehou is, was ‘n dawerende sukses. 77 gholfspelers het hier deelgeneem. Wade Jacobs van Klerksdorp en die NWU het die toernooi met ‘n uitstekende telling van 132, wat 12 houe onder baansyfer is, gewen. Hy het 67 en 65 gespeel.

Die Gross wenners is:

1ste – Wade Jacobs – 132 2de – Juan Combrinck- 138 3de – Gesamentlik – 139 – Christo Peens, TJ Sandys, Gerrie Badenhorst en Leonard Bevan.

Die Nett wenners is: 1ste – Lefa Nale – 134

2de gesamentlik – 143 – AJ du Plessis, Johnathan Krugel, Timothy Rautenbach en JP Strydom

Die senior Gross wenners is:

1ste – Douglas McCabe – 141 2de – Johan Coetzer – 152

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button