SportSport

Potch Dorp Rugbyklub opgewonde en gereed vir nuwe seisoen

"Ons is baie opgewonde oor ‘n moontlike liga wat ons vanjaar sal kan speel met die talent wat by ons aangesluit het."

‘n Nuwe jaar met nuwe hoofstukke wat in Potchefstroom Dorp Rugbyklub se geskiedenis geskryf word. Potchefstroom Dorp bedank elke borg, donateur en ondersteuner wat ons deur verlede jaar gesleep het om kop bo water te kon hou en die lig te laat sien.

Dit is ‘n tyd wat vir die hele gemeenskap moeilik is. Ons is opgewonde om onder die leiding van die Luiperds Rugby Unie en SARU weer te kon begin oefen en te kan voorberei vir ‘n moontlike seisoen wat kan voorlê.

Met die samewerking van die breër gemeenskap en spelers, asook administrateurs van die spel, glo ons dat ons sekerlik sal kan deelneem en ons staal kan wys aan ander dorpe en klubs in ons onderskeie ligas.

Die junior rugby is vanjaar weer onder die Leeus Rugby Unie geregistreer en ons sal dan in die derde kwartaal teen daardie klubs speel, sou rugby toegelaat word om te speel. Hulle word afgerig deur die bekwame span van iSkills Complete Player Maker.

Die vrouerugby onder leiding van Henriëtte Pretorius en haar dames is ook hard aan die werk om die dames slaggereed te kry vir as hul ligas begin. Ons is baie opgewonde oor die werk wat hulle doen om vrouerugby te ontwikkel.

Die mansrugby is weer volstoom aan die gang met ons afrigters, voormalige Luiperds en Kings speler, Johan Smith en sy agterlyn afrigter, Lesley Jackson wat deel was van die 2004/2005 Springbok 7’s. Ons het ongelooflik baie navrae en inskrywings van nuwe en ou spelers gekry.

Ons is baie opgewonde oor ‘n moontlike liga wat ons vanjaar sal kan speel met die talent wat by ons aangesluit het. Die manne oefen elke Dinsdag en Donderdag om 17:30. Hou ons Facebookblad(Potchefstroom Dorp Rugbyklub) dop en besoek gerus ons webtuiste, www.pdrk.co.za, vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button