SportSport

NWU-netbal bly nasionale vervoerband

Alumni van die NWU wat tans in die Protea groep is, is Monique Reyneke, Simone Rabie, Sigi Burger, Renske Stoltz en Romé Joubert (née Dreyer).

Die land se netbalspanne is weer eens met NWU-speserye gegeur met huidige- en oud-studente wie se name op al wat nasionale spanlys verskyn. Die NWU is al vir etlike jare bekend as ‘n vervoerband van die Proteaspan met selfs die huidige afrigter, Dorette Badenhorst, wat eers haar vaardighede met dawerende sukses by die NWU geslyp het.

Alumni van die NWU wat tans in die Protea groep is, is Monique Reyneke, Simone Rabie, Sigi Burger, Renske Stoltz en Romé Joubert (née Dreyer). Dan is daar Didi Keebine en Jessica du Plessis in die SA A-span terwyl die nasionale o.21-span met Lucy Strydom, Kailah Ferreira, Adivhaho Tshivhiahuvhi en Elmeré van der Berg spog.

Daarbenewens is die NWU se hoofafrigter, Elsunette du Plessis, onlangs as ‘n Vlak 3-afrigter gegradeer. Dit is Netbal Suid-Afrika se hoogste graderingsvlak.

“Wat NWU-netbal vir die land beteken, is dat ons ‘n pasaangeër is. Ons ding mee met universiteite wat uit baie groot poele kan trek, maar die rede waarom ons so goed doen, is ons afrigterskorps wat ons kern is. Twee nasionale afrigters was al deel van die klub en ons huidige afrigter, Elsunet du Plessis, se passie vir die sport bou die klub se gees uit. “Dat ons soveel nasionale spelers oplewer is net ongelooflik,” verduidelik Heléne Botha, vrouesportbestuurder op die Potchefstroomkampus.

Meer as die NWU se lys prestasies, is dit die spelers en afrigters wat Botha die trotsste maak. “Om te sê ek is trots is om dit sag te stel. “In die 18 jaar wat ek deel is van hierdie klub, besef ek keer op keer hoe trots ons kan wees op die mense wat ons die wêreld instuur. Daardie menswees en wat hulle in die sport en samelewing terugsit, is wat ons harte laat klop.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button