SportSport

Luiperds is Vrydag terug op die veld teen Valke

Siya Mdaka sal die span aanvoer met die opwindende losskakel, Danrich Visagie as onderkaptein. Die Maruping broers, Victor en Vincent sal ook hulle staal wil wys. 

Die Luiperds keer terug na die veld vir die eerste keer in ‘n wedstryd in meer as ‘n jaar wanneer hulle die Valke in Brakpan in ‘n vriendskaplike wedstryd op Vrydag, 14 Mei aanvat.

Siya Mdaka sal die span aanvoer met die opwindende losskakel, Danrich Visagie as onderkaptein.

Siya Mdaka

Die Maruping broers, Victor en Vincent sal ook hulle staal wil wys. Bekendes soos HP Swart, Tjaart Benade en Eugene Hare is ook in die beginspan ingesluit terwyl die oud Varsitybekerwenner, Dean Stokes ‘n terugkeer op regtervleuel maak.

Die span van Eric Herbert en Gerald McPherson sal die span afrig vir hierdie wedstryd.

Hier is die Luiperds se beginspan:

15. Duran Hoffman, 14. Dean Stokes, 13. Andries Truter, 12. Tjaart Benade, 11. Warren Williams, 10. Danrich Visagie o.kapt, 9. Eugene Hare, 8. HP Swart, 7. Victor Maruping, 6. Siya Mdaka (kapt), 5. Johan Retief, 4. Vincent Maruping 3. Keanu Prinsloo, 2. Robey Leibrandt, 1. JP Mans

Plaasvervangers:

16. Rocky Groenewald, 17. Hanno Snyman, 18. Riaan Baumann, 19. Johan van der Hoogt, 20. Shirwin Cupido, 21. Hardus Pretoruis, 22. Petri du Plessis, 23. Allister Mumba, 24. Andre Grobler.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button