SportSport

NWU skuur deur teen UJ

Die NWU haker en top driedrukker, Gustav du Rand se drie 10 minute voor die eindfluitjie was net genoeg om NWU se bekerdrome aan die lewe te hou.

Die NWU het hulle 2021 Varsitybekerdrome aan die lewe gehou met ‘n naelbyt 33-29 oorwinning teen UJ vanmiddag (Sondag, 23 Mei) op Loftus Versveld.

Die NWU het vir hierdie uiters belangrike stryd 10 veranderinge gemaak met die hoop dat nuwe bloed die wenboot in die regte rigting sal stuur.

Die waters was effens troebel in die 62ste minuut toe UJ ‘n skok 29-28 voorsprong neem. Die NWU haker en top driedrukker, Gustav du Rand se drie 10 minute voor die eindfluitjie was net genoeg om NWU se bekerdrome aan die lewe te hou.

Die manne van Potchefstroom was met 23-3 voor na ongeveer 40 minute en was in volle beheer in die stryd. Pienaar van Niekerk, Charl Pretorius en Sylvester Hassien het in die eerste helfte gedruk met Hassien se drie wat die meeste oë laat rek het.

Die regtervleuel het ‘n puik spandrie afgerond wat in hulle eie halfgebied begin het. Die tweede helfte sal die NWU wil vergeet, met UJ wat drie drieë in ‘n ry druk om die voorsprong te neem.

Indephile Tyeda, Prince Nkabinde en Jurich Claassens het vir UJ ‘n kans met hulle drieë gegee, maar op die ou einde het die NWU vasgebyt en na twee geel kaarte wat UJ gekry het, hulle spelersvoordeel benut met Du Rand wat die wendrie druk.

Die NWU speel komende Dinsdag teen die CUT-Ixias in ‘n spreekwoordelike kwarteindstryd wat die laaste top 4-plek sal bepaal.

NWU: 33 (23)

Drieë: Pienaar van Niekerk (2), Sylvester Hassien, Charl Pretorius, Gustav du Rand

Doelskoppe: Marco Donges (3)  

UJ: 29 (8) Drieë: Prince Nkabinde (2), Indiphile Tyeda, Jurich Claassens

Doelskoppe: Jurich Claasens (2)

Strafskoppe: Jurich Claasens

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button