SportSport

Stryd vir halfeindstrydplekke hierdie Saterdag in Neserliga

Potch Dorp se laaste wedstryd van die ligafase is teen Hartbeesfontein tuis hierdie Saterdag, 5 Junie en ‘n bonuspuntoorwinning sal benodig word om ‘n semi-finaal plek te verseker.

Die onoorwonne rekord van Potch Dorp Rugbyklub in die 2021 Neserliga is verlede Saterdag, 29 Mei tot ‘n einde gebring toe Klerksdorp Rugbyklub met ‘n 18-8 oorwinning in Klerksdorp geseëvier het.

Om sout verder in die wonde te vryf, is Potch Dorp ook van die top posisie in die liga afgestamp, met Klerksdorp wat nou die top posisie na vier wedstryde beklee.

Dit was ‘n wedstryd waar Potch Dorp sal terugkyk na geleenthede wat hulle nie gebruik het nie. Klerksdorp was ook goed op die verdediging en het hulle tuisvoordeel goed gebruik om hulle kanse op ‘n tuis halfeindstryd te versterk.

“Ons het glad nie ons geleenthede gebruik nie. Sagte oomblikke het ons die wedstryd gekos en ons kon net nie afrond nie,” beaam Potch Dorp hoofafrigter, Joe Smith.

Potch Dorp se agtsteman, Marcel Burger, het Dorp se enigste drie gedruk met Luan Murray wat met ‘n strafskop die ander drie punte aangeteken het. Potch Dorp se laaste wedstryd van die ligafase is teen Hartbeesfontein tuis hierdie Saterdag, 5 Junie en ‘n bonuspuntoorwinning sal benodig word om ‘n semi-finaal plek te verseker.

“Daar is ‘n paar beserings, so party ouens gaandie geleentheid kry om te speel en hulself te bewys. “Spelers wat hulself die naweek by die tweedes bewys het, sal ook ‘n kans kry,” noem Smith.

Beide Ikageng, Klerksdorp en Stilfontein staan ook nog ‘n kans om halfeindstrydplekke te behaal. Ikageng speel teen Klerksdorp in Potch, terwyl Stilfontein teen Westonaria weg speel.

Die wedstryd tussen Potch Dorp en Hartbeesfontein skop Saterdag om 15:00 af. Geen toeskouers word toegelaat nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button