SportSport

Potch skole begin NW krieketliga met massiewe oorwinnings

Dit was ‘n mooi gesig om die skole weer te sien kragte meet, met Gimmies en Volkies wat wys dat hulle nog mooi in top vorm is.

Die NW Skole o.15 en o.19 Krieket Superliga is vir die eerste keer sedert 2019 weer op volle dreef nadat Covid-19 skolekrieket verlede jaar tot ‘n stilstand geruk het.

Dit was ‘n mooi gesig om die skole weer te sien kragte meet, met Gimmies en Volkies wat wys dat hulle nog mooi in top vorm is. Gimmies se eerste en o.15A krieketspanne was die afgelope Saterdag, 21 Augustus in aksie teen Wesvalia en het oortuigend hulle stempel afgedruk.

Die eerstespan wen met ‘n allemintige 212 lopies danksy staatmakers Martin van Onselen se 117 en Johan Mahne se 115. Die o.15A-span wen met 8 paaltjies danksy Tommie Botha se 47 lopies en Caiden Seleka se 38.

Volkskool se eerste krieketspan het ook ‘n uitstekende dag op die krieketveld met ‘n groot 209 lopie oorwinning teen Hoërskool Lichtenburg. Volkies het eerste gekolf en 311/5 in hulle 50 boulbeurte aangeteken.

Die hotkloue, Waldo Kemp (134) en Ludwig Schuld (74) teken die hoogste lopies aan in ‘n skitterende kolfpoging. Liggies se kolwers het geen antwoord vir Volkies se boulaanval nie en word vir 100 uitgeboender. Corné Nel (2/6) en Christiaan Smit (2/6) is die top boulers vir die Potchefstromers.

Volkies se o.15A-span is ook vuur en vlam en teken ‘n 234 lopie oorwinning aan. Volkies se kolwers teken 334/6 aan met Louis van Wyk wat 66 (89) moker. Ruben Reineke teken ook ‘n goeie 63 aan. Diaan van der Merwe (3/19) en Braam Visser (4/10 samel die paaltjies in vir Volkies om hulle liga op triomfantelike wyse te begin.

Volkskool speel komende naweek tuis teen Hoërskool Rustenburg, terwyl Gimmies ook sake teen Hoërskool Lichtenburg tuis aanvat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button