SportSport

Gimmies en Volkies se rugbyspanne pak mekaar op Mooivallei

Hoewel hierdie wedstryde op ‘n vriendskaplike basis gaan plaasvind, sal daar steeds baie op die spel wees vir die seuns om hulself te bewys en momentum vir die 2022 seisoen te bou.

Volkies en Gimmies se rugbyspanne gaan mekaar komende Saterdag, 4 September na ‘n lang breek weens die Covid-19 pandemie vir die eerste keer sedert 2019 op die Mooivallei Sportgronde die stryd aansê.

Hoewel hierdie wedstryde op ‘n vriendskaplike basis gaan plaasvind, sal daar steeds baie op die spel wees vir die seuns om hulself te bewys en momentum vir die 2022 seisoen te bou.

Beide Volkies en Gimmies sal graag as oorwinnaars uit die stryd wil tree met baie spelers wat vir die eerste keer in ‘n “derbywedstryd” sal speel. Weens die rekordeksamen sal geen matrieks deelneem nie. ‘n Gekombineerde o.16/o.17 span sal as die hoofwedstryd op die dag dien.

Die bepalings is as volg:

09:00 – o.14

10:00 – o.15

11:00 – o.16 en o.17 (gemeng)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button