
Potchefstroom Gimnasium het Vrydag, 3 September hul Grainvest Gimmie Gholfdag aangebied wat ‘n groot sukses was.

Op die heerlike lentedag het talle gholfspelers hulle staal op die baan gewys met talle watergate wat die dag nog beter gemaak het met lekker eet en drinkgoed.
Die bekende sanger, Fatman, het seker gemaak dat daar ook goeie vermaak was tydens die dag. Gimmies bedank aan die Gimmie-gholfkomitee vir al hulle reëlings en harde werk.
“’n Spesiale dank aan ons hoofborg, Grainvest. Jul ondersteuning en goedgesindheid word opreg waardeer en ons sien uit na jarelange samewerking. Ons bedank graag elke ander borg wat bygedra het tot die sukses van die dag. Dankie ook aan Potch-Buiteklub vir die gebruik van die baan en elke bofborg wat gesorg het vir ‘n heerlike watergat.

Die belangrikste, dankie aan elke gholfer vir julle goeie gees en ondersteuning! Danksy elkeen van julle kan ons terugploeg in die Gimmie-leerders. Mag 2022 se gholfdag weer al ons verwagtinge oortref,” het Gimmies in ‘n persverklaring genoem.









