SportSport

Gimmies se tennisspelers skitter

Die dogterspan wen al vyf hulle wedstryde en eindig eerste in die provinsie.

Die afgelope naweek het twee van Gimmies se tennisspanne aan die Paribas Rising Star-toernooi deelgeneem en briljante prestasies behaal. Die dogters is Noordwes-wenners en die seuns eindig as Noordwes-naaswenners. Die dogterspan wen al vyf hulle wedstryde en eindig eerste in die provinsie.

Juné Roode, Anica Swart, Alri Verster, Lienka van der Merwe en Riani Maré lewer top prestasies. Die seunspan eindig tweede in die provinsie, met Hoërskool Rustenburg in die eerste plek en Curro-gekombineerd in die derde plek.

Tobias van Dyk, Christiaan Agenbagh, Pieter van der Walt en Rëint Toxopeus speel top tennis vir hulle skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button