SportSport

Gimmies behaal groot oorwinning teen Rustenburg op die krieketveld

Gimmies kolf eerste en teken 248/8 aan met Martin van Onselen wat sy goeie vorm voorsit met 'n blitsige 63 van 41 balle. 

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het in Donderdagmiddag, 16 September, se NW o.19 ligawedstryd vir Hoërskool Rustenburg gemaklik met 99 lopies geklop.

Gimmies kolf eerste en teken 248/8 aan met Martin van Onselen wat sy goeie vorm voorsit met ‘n blitsige 63 van 41 balle. Rustenburg se kolwers struikel en word vir slegs 149 almal uitgeboul.

Hier wys Gimmies hulle staal met die bal in ‘n top algehele boulvertoning. Rustenburg se Henre Viljoen was goed op dreef met sy 37 voordat Daan du Toit hom uitgehardloop.

Junior Mathe (1/33) in 10 boulbeurte en Martin Bullock se 2/26 in sewe boulbeurte en Marnu Cronje se 2/26 in vyf boulbeurte stuur Gimmies na die oorwinning.

Gimmies speel vandag (Saterdag, 18 September) teen Grey Kollege van Bloemfontein in vriendskaplike wedstryde. 

  • 1ste span teen Grey College 1ste span op Oval
  • 2de span teen Grey College 2de span op Boys High A
  • 15A teen Grey College 15A op Mooivallei
  • 14A teen Grey College 14A op Laerskool Mooirivier

Al die wedstryde begin om 09:30

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button