SportSport

Tien uit tien vir Baillie Park T10

Die spanne (agt spelers op die veld) het in kleurvolle 1992 Wêreldbeker geïnspireerde drag vir ‘n karnaval atmosfeer gesorg met wedstryde wat vir propvol aksie gesorg het.

Daar was die afgelope naweek, 24 en 25 September vuurwerke op Laerskool Baillie Park se krieketveld met 12 spanne wat aan die eerste Baillie Park T10 kriekettoernooi deelgeneem het.

Daar was ‘n oormaat viere en sesse soos wat die balle deur die lug getrek het en talle paaltjies het soos domino-stukke gekantel. Die spanne (agt spelers op die veld) het in kleurvolle 1992 Wêreldbeker geïnspireerde drag vir ‘n karnaval atmosfeer gesorg met wedstryde wat vir propvol aksie gesorg het.

Volkies en Baillies (spanne wat uit oud-leerders en personeel bestaan) was die twee top spanne in die toernooi en het in die eindstryd sake uitgespook.

Volkies het hierdie kragmeting met 3 paaltjies gewen nadat hulle die Baillies tot 107/4 in 10 boulbeurte beperk het. Volkies maak 111/5 in ses boulbeurte om die trofee te lig.

Volkies se span het bestaan uit Cobus Crowther, Van Zyl Smit, Awie Visser, Mighael de Beer (c), Corné Nel, GC Pretorius, Danie Jansen van Vuuren, Andries Huisamen, Elmor Kruger, Wynand Schmitt en Conrad Fick.

In hierdie toernooi het Volkies, Baillies, Opstal en Brocor in die uitkloprondtes gespeel nadat hulle hul respektiewe poele gewen het.

Poel A het bestaan uit Baillies, Kooperasie en Super Cast. Poel B het vir Trompie, Opstal en Crest bevat, Poel C vir Volkies, Cricket Company en Gimmies en Poel D wat AECI, Wesbank en Brocor ingesluit het.

’n Pluimpie kan beslis vir die organiseerder van die toernooi, Jaco Vermaak, gegee word. Hy noem dat die toernooi ‘n groot sukses was. 

“Die toernooi van Donderdag tot Saterdag was ‘n groot sukses. Dit is die eerste keer dat daar so toernooi in Potch is. Die standaard van krieket was baie hoog en iets wat in die algemene gemeenskap deursyfer terug na die skole. Daar is spanne wat alreeds belangstel om volgende jaar ook betrokke te wees, maar daar is nog plek beskikbaar,” noem hy. 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button