SportSport

Laerskool M.L. Fick se gholfdag is ‘n dawerende sukses

Laastens wil ons skool vir elke gholfspeler bedank vir hulle goeie gees en ondersteuning. Dit was ‘n heerlike dag en ons kon sien almal het die dag ten volle geniet.

Op Donderdag, 9 September 2021, het verskeie vierballe aan Laerskool M.L. Fick se gholfdag deelgeneem. Die baan was vol geborg met “watergate” wat dit die moeite werd gemaak het vir die gholfspelers.

“Ons bedank graag al ons putjie-borge. Julle ondersteuning en gees word opreg waardeer. Die eet- en drinkgoed was tops. Ons bedank ook graag elke ander borg wat bygedra het tot die sukses van die dag. Dankie ook aan Potch-Buiteklub vir die gebruik van die baan,” noem die skool.

“Laastens wil ons skool vir elke gholfspeler bedank vir hulle goeie gees en ondersteuning. Dit was ‘n heerlike dag en ons kon sien almal het die dag ten volle geniet.”

Laerskool M.L. Fick is dankbaar vir die 2de suksesvolle gholfdag wat kon plaasvind en sien uit na die volgende een in 2022.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button