SportSport

Volkies se tennisspelers maak naam in NW-kleure

Cornell Grobler en Christiaan Smit speel as o.17 spelers in die o.19 span.

Drie van Volkies se tennisspelers – Cornell Grobler, Christiaan Smit en Kobus Pienaar – het van 24 tot 26 September die Noordwes Tennisspan by die SA’s in Klerksdorp verteenwoordig.

 

Cornell Grobler en Christiaan Smit speel as o.17 spelers in die o.19 span. Op posisie nommer 1 wen Cornell 2 van sy 4 enkelspel wedstryde en 3 van sy 4 dubblespel wedstryde.

 

Op posisie nommer 5 wen Christiaan ook 2 van sy 4 enkelspel wedstryde en 3 van 4 dubbelspel wedstryde.  Die o.19 span eindig in die 4de plek.

 

Kobus Pienaar verteenwoordig die o.15 Noordwes-span op posisie nommer 2 en wen 2 van sy 4 enkelspel wedstryde en 2 van sy 4 dubbelspel wedstryde.  Die 0.15 span behaal ‘n besonderse prestasie deur as algehele wenner van die toernooi uit die stryd te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button