SportSport

NWU Top 30 bring die beste uit Gimmies se atlete

Die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms op die McArthur Atletiekstadion vanaf 15 tot 16 Oktober was die perfekte platform vir Potchefstroom se top skoleatlete om hulle talent teen van die beste skole te toets.

Die NWU Top 30 Atletiekbyeenkoms op die McArthur Atletiekstadion vanaf 15 tot 16 Oktober was die perfekte platform vir Potchefstroom se top skoleatlete om hulle talent teen van die beste skole te toets.

Potchefstroom Gimnasium se ster spiesgooier, Armand Willemse, het vir ‘n 1 000-punt goue vertoning gesorg in die seuns o.17 spiesgooi item.

Willemse het ‘n persoonlike beste afstand van 77.20 meter behaal wat ongeveer 14 meter verder as sy naaste teenstander, Hannes Botha (62.66) van Hoërskool Nelspruit was.

Hierdie Gimmie het net weer bewys hoekom hy tans die nommer een atleet in die wêreld in sy ouderdomsgroep is.

Nog Gimmie-atlete wat hulle staal gewys het is Rico Leijenaar in die seuns o.16 800m en 1500m. Leijenaar het ‘n tyd van 1:57.84 behaal om derde in die 800m te eindig. In die 1500m behaal hy silwer in ‘n tyd van 4:05.05.

Nog ‘n Gimmie-langasem, Danielle Verster, behaal twee eerste plekke in die 800m en 1500m. In die 800 meter behaal sy ‘n tyd van 2:12.24 en in die 1500 meter kom sy oor die streep in 4:39.77. Jamoré Olivier behaal ook ‘n eerste plek in die dogters o.14 gewigstoot-item met ‘n poging van 13.85.

Foto’s: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button